Gebed van Gregorius van Nazianze (4e eeu)

 

O God bo alles

(watter ander name beskryf U?)

Watter woorde kan u lof besing?

Geen enkele woord beskryf U nie.

Watter verstand kan u geheimenis navors?

Geen enkele gees kan U begryp nie.

Alleen [is U], anderkant die mag van woorde,

alles wat ons oor U kan sê, kom van U af;

alleen, anderkant die krag van denke,

alles wat ons kan dink, kom voort uit U

 

Alles verkondig U—

       dinge wat kan praat en dinge wat nie kan praat nie.

Alles vereer U—

       dinge met verstand en redelose dinge.

Die hele wêreld se verlange

en pyn is met U verstrengel.

Alles adem ’n gebed tot U,

       ’n stil gesang wat uself gedig het.

 

(oorgesit en aangepas uit Engels van Early Christian Prayers, ed. A Hamman, trans. W. Mitchell, 1961, London: Longmans Green, p 162)