‘ˇViva México!’
—’n
Kuberjoernaal [Sept 1997]
Dis nie die normaalste ding op aarde om drie-uur soggens oor
jou paadjie op aarde te lę en peins nie. Tog kan ek nie help om te dink aan die
afstand wat elke mens moet aflę voordat ons na die aarde terugkeer waaruit ons
geneem is nie. Terwyl jy op pad is, voel dit asof jou reis sonder einde is,
maar op oomblikke soos hierdie besef jy: óók jou eie paadjie op hierdie planeet
het ’n eindpunt. Die trajekte wat jy aflę, lyk uiteindelik na ’n wilde
geskribbel op ’n landkaart wat op een plek begin en onverwags in alle vreemde
rigtings loop, weg van die plekke en mense wat jy al gesien het (en dalk nooit
weer sal sien nie) ná plekke en mense wat jy nog nie gesien het nie. En al wat
jy kan doen, is om aan te hou beweeg.
Maar al move jy ook soos ’n swart taxi: daar wag ’n punt waar jy nie
verby sal kom nie….
En tog, dit was nie die gedagte aan my eie eindigheid wat my om drie-uur wakker gemaak het nie. Dit was Minnie.
[Regs: Marcos met daardie ‘sultry’ oë waaroor die vroue
gaande is.]
Die digter van Hooglied het gesę liefde is sterker as die
dood, maar hy het die verkeerde woord gebruik. Dis nie liefde waarvan hy praat
nie, maar plein balhorigheid. En die bewys vir wat ek sę, is nie hier langs my
in die bed nie, maar buite die venster.
Daar is ’n kater wat al die afgelope 48 uur elke halfsekonde soos ’n
besetene dringende (en ook deurdringende) kermgeluids uitstoot. Die rede? Ons
wyfiekatjie van tien maande is vir die eerste maal op hitte. En Meneer Kat,
haar minnaar, het ’n harststog magtiger as die doderyk, laat hom en laat hom
deur niks van stryk bring nie. Om half-vier, toe geen sterfling (behalwe
natuurlik die uwe) meer kan slaap nie, en Minnie my vir die soveelste keer beskeie in die ribbes pomp, spring ek
op en doen die nodige rondte. Stel jou
voor: ’n middeljarige deur-die-mis man, gewek uit drome van busse, bootritte en
bulgevegte in Mexico, besig om in die donker rondom die huis te sluip, klip in
die hand en moord in die hart. Ook dit raak nou een van die trajekte op my
lewenskaart. Ja, dink ek, eintlik is ek nie net besig om wraak te neem vir ’n
versteurde nagrus nie; ek is ook besig om ons katjie se eer soos ’n eie dogter
s’n te bewaak.
Plotseling verag ek my pasifisme. As ek net ’n skietding in
die huis gehad het, sou ek nie een oomblik getwyfel het om daardie blerrie
kater reg tussen die oë vrek te skiet nie. Dan kom ek om die hoek en raai wie
sit voor my? Vir ’n oomblik onderbreek hy sy hartroerende geroep om my empaties
en vroom in die oog te staar, man tot man. So asof ék, ék van alle mense, sy
onsettende nood sal verstaan. Vir ’n vlugtige oomblikkie slaag hy daarin om my
tot bondgenoot te maak. Teen die tyd dat my moordlus terug is, is Meneer Kat
lankal skoonveld.
Terug in die slaapkamer wil Minnie weet of ek toe met die
rusverstoorder afgereken het.
‘Miskien.’ Dan sien ek iets in die half-donker. ‘Wat is
daardie goed aan jou ore.’
‘Sjuut en slaap!’
Om een of ander rede word ek nie weer deur katte of
oorpeinsinge gesteur nie.
‘Wat het jy gisteraand met jou ore aangevang?’ vra ek as ek
wakker word haar voor die spieël opmerk waar sy lipstif aansit.
Sy loer verleë terug na my in die spieël. ‘Daai kat het my
so gepla dat ek toiletpapier in my ore gedruk het. Dis al wat ek in die hande
kon kry.’
Dus het ek my nie verbeel dat daar goed weerskante van haar
kop uitgestaan het soos die snorbaard van Sylvester die Kat nie, dit was net ’n
bietjie hoog en wit vir ’n snor.
Tekeninge: Warner Brothers
Die strokiesprent-karakter wat meer waarskynlik by ’n mens
opkom as jy ’n reis na Mexico beplan, is dié van daardie haastige strokiesmuis,
Speedy Gonzalez, die latino-weergawe van Mickey van Disneyfaam. (Verewig deur
Pat Boone se song: Dit was ’n maanlignag
in ou Meksiko; ek’t alleen tussen modderbaksteen haciendas geloop; skielik hoor
ek die klag van ’n jong Meksikaanse meisie: La la la, la la la la la la la; La
la la, la la la la la la la la la la la;
Kom huis toe Speedy Gonzales, weg van Cannery Row; laat staan tog jou gefuif….)
Die naam alleen herinner aan die geluid van ’n gevaarte wat
teen hoogste versnelling by jou verby sjoerrr en ‘Arriba! Arriba!’ skree (wat
dit ook al mag beteken). Geluk dit jou
om die snelste muis in heel Meksiko iewers raak te loop, kan jy seker wees hy
gaan jou oor jou suster (eintlik jou sees’tah)
uitvra. In ’n land wat — soos all die films wat ek gesien het ’n mens laat
vermoed — berug is vir traagheid, is Speedy werklik ’n karakter om na op te
sien. Blykbaar het hy net soveel aanhangers in Mexico as in die res van die
węreld.
Dis juis waarom onderkommandant Marcos homself die ander dag
met die heldhaftige supermuis vergelyk het. Die skuilplek van hierdie
charismatiese ‘subcomandante’ van die
Zapatista rebelle is al die laaste vyf maande die geliefkoosde onderwerp van
bespreking by dinees. Die enigste ander onderwerp wat naby kom, is oor wat die
beste Meksikaanse Tequila sou wees, maar selfs tequila kan nie met Macos
kompeteer nie. Die media spekuleer: Is hy dood? Het hy land-uit gevlug? ’n
Taxi-bestuurder het BBC korrespondent Emma Paterson vertel dat Marcos sokkermal
is, en sy militęre operasies tydelik opgeskort het vir die
Węreldbeker-toernooi. Net ’n paar dae gelede, met die wilde gerugte op hul
ergste, reik Marcos ’n geskrewe verklaring
(sic!) uit waarin hy homself met die vermaarde Speedy vergelyk. Soos die
strokiesmuis, terg hy sy vyande en loop hulle dan onder die stof. Hy gebruik
sommer ook die geleentheid om ’n skroeiende aanval op Meksikaanse president
Ernesto Zedillo te loods.
Chiapas-provinsie, ’n kruitvat in die suide van Mexico (BBC
grafika).
Dit was in 1995 dat die Zapatista rebelle onder Marcos die
wapens opgeneem het en uit die woude van Chiapas in die kalklig ingestap het.
Van die begin het die subcomandante
die vroue in beswyming gehad. Oornag het hy in ’n volksheld verander, nie net
omdat hy as romantiese skurk — ’n kruising tussen Che Guevara en Zorro — die
verbeelding aangegryp het nie, maar omdat hy almal verras het met ’n ongewone
sin vir ironie en digterlike aanvoeling. Koerantredakteurs het die dae begin
aftel totdat hierdie gladde generaal se volgende e-pos opdaag. Binne ’n
ommesientjie het sy gesig op posters, T-hemde and koffiebekers verskyn, en
siedaar: ’n nuwe politieke ikoon!
Zapatistas (foto: BBC)
Oleg
Popov se ontwerp.
‘Gaan jy regtig met Marcos praat?’ Op haar gesig kan ek
sommer sien sy meen dis ’n goeie manier om ’n vakansie te verongeluk.
‘Waarom nie?’
‘Wie sę hy wil met jou praat?’
‘Daar is niemand wat nie met Mandela wil praat nie.’
‘Maar jy’s nie Mandela nie.’ Weer eens het Minnie perfek
gelyk, maar ek kan haar nie daarmee laat wegkom nie. ‘Buitendien, waar gaan jy
hom in die hande kry?’ stel sy haar byna-retoriese vraag.
Dis net wat ek te wagte was voordat ek my troefkaart speel.
‘Op die Internet natuurlik! Dis waar ek in elk geval oor die Zapatistas
uitgevind het.’
In die volgende dae surf ek die net op soek na Marcos en sy
Zapatistas. Ek vind uit dat hul dapper offensief van 1995 nou vasgeval het in
’n uitmergelende niemand-wen situasie. Hulle weier om verder te onderhandel solank
hul gebied deur regeringstroepe beset word en die regering nie toegee aan hul
eise op regte vir Indiaan-gemeenskappe nie.
Maar wie is hulle eintlik? Is hulle nie maar net ’n
revolusionęre oorblyfsel in ’n węreld en ’n eeu waar sulke bewegings meer chaos
as orde aangerig het nie? En is dit nie juis die probleem met Mexico nie?
Watter groot nasie kon hulle nie gewees het indien hulle nie vir die meeste tye
in hul geskiedenis in ’n staat van permanente rewolusie was nie? Onwillekeurig
wonder ek of dit nie dalk die koers is waarheen Suid-Afrika nou op pad is nie —
gewapende ekstremiste wat moeg geraak het vir onderhandelinge en die mag in eie
hande neem? Is dit wat gebeur as mense hoop verloor? En wie is hierdie subcomandante Marcos van hulle? Hoeveel
kilometer moet hy nog op aarde aflę voor sy trajek voltooi is?
Gaandeweg begin hy my in sy węreld intrek. Wat het dit met ’n reisverhaal te doen? vra ek myself af. En die antwoord kom vinniger as wat ek verwag het: alles. Ek is nie net ’n reisiger nie, maar ’n teoloog ook. En teoloë is mense wat veronderstel is om nuuskierig te wees oor alles in hemel en op aarde. Waarom dan nié nuuskierig wees oor Marcos nie. Dus lees ek sy opstel wat hy in 1992 geskryf is en eers in 1994 gepubliseer is. In die ‘Wekker van Meksiko’ lees ek die volle teks van sy oorlogsverklaring teen die die Meksikaanse regering. Sy forse, manlike en selfbewuste handtekening onderaan verleen ’n lewendige kwaliteit daaraan.
Marcos. Foto Frieda
Hartz
Handtekening van Marcos (Zapatista webwerf)
Ek is op die punt om deur sy opruiende retoriek meegesleur
te word as ek ’n koffiebreek neem en voor die tv beland. ‘Klein węreld,’ stel
ek myself gerus toe ek sowaar Spaans in die hoofnuus-bulletin hoor. Die premier
van Gauteng hemel die Spaansprekende op as die grootste rewolusionęr van ons
eeu. Dis niemand anders as Fidel Castro nie, wat in ’n twee-uur toespraak in
SOWETO ’n toyi-toyende skare verseker dat apartheid nie dood is nie. A luta continua! Castro en Marcos, is
daar ’n verskil? Marcos sou vandag van ons premier se woorde gehou het, want
hy het die VSA as ’n groot boelie
uitgemaak wat summier hul blokkade van Kuba moet ophef.
Snaaks hoe ’n reis wat nog nie eens fisies begin het nie, my
al soveel draaie laat gooi het, maar enigiemand wat deesdae ’n reisjoernaal
optel moet gewaarsku wees dat reisjoernale in die toekoms geheel en al anders
sal wees as in die verlede. Toe kon romantici nog hul goed inpak en met
notaboeke na die uitkoeke van die aarde afsit. Vandag met die koms van die
Internet het ons sin vir tyd en plek onherroepelik verander. Die Zapatistas se
webwerf maak dat hulle by wyse van spreke in my huis op my lessenaar kom
uitkamp. Altavista se vertalingsmajien maak dat ek nie eens hul taal hoef te
bemeester om onmiddellike toegang tot hulle dokumente te verkry nie.
As ek regtig Meksiko toe gaan, moet ek liewer meer uitvind oor die lae-intensiteit oorlog in die gebiede waarin ek nou juis belang stel. Dus durf ek, onder ’n kattegemiaau net buite my venster, oor die volgende dae en nagte die internet aan. Geleidelik begin patrone uitstaan in die warboel van feite en flitse.
Dit was die eerste dag van ’n oorlog wat al 500 jaar lank
onderweg is. Op 1 Januarie 1994 word die mense van San Christóbal de las Casas
gewek deur ’n opgewonde geroep van tientalle jong mans en tieners wat in skoon
polyester khaki met enkelloop-gewere, tuisgemaakte granate, traangas, bajonette
en AK-47s in die strate afmarsjeer.
Die verskil tussen hierdie en vorige guerillas in die
geskiedenis van Meksiko is dat hulle Indiane is, afkomstig van die Maja-groepe
van die hoogland van die Chiapas-staat in die suide. ‘Ons wil grond hę om kos
te plant, toegang tot gesondheidsorg, gratis skole, werk met ’n behoorlike
inkomste, ’n einde aan rassisme. Ons sal liewer in oorlog sterf as om kinders
van ondervoeding te sien sterf,’ roep hulle. Hulle beweer dat hulle niks het om
te veloor nie — geen kos, dak oor hul koppe of werk nie. Hulle het, ten spyte
van Artikel 39 van hul land se konstitusie, nie eens die reg om hul eie
verteenwoordigers te kies nie.
Reeds in 1993 het die guerillas hierdie dorp en nog vyf ander in die omgewing oorgeneem. Maar nou is dit oorlog wat net een ding kan beteken: bloedige weerwraak deur die magte van die federale regering van Meksiko. Die Zapatistas, soos die guerillas hulself noem, is beter georganiseer as wat voorheen die FSLN in Nacaragua, die FMLN in EL Salvador en URNG in Guatemala was, maar nog steeds is hulle nie opgewasse teen ’n gesofistikeerde leër nie.
Hul teenwoordigheid lok gemengde gevoelens by die inwoners uit. In Ocosingo word guerillas wat deur die dorpsmense gevange geneem is, geslaan. Die verwagte weerwraak van die Federale Meksikaanse Leër teen die EZNL (Nasionale Bevrydingsleër van die Zapatistas) geskied feitlik onmiddellik. Skaars ure na die besetting van San Christobal de las Casas moet die EZNL terugtrek. Gelukkig vir al die partye duur die gevegte nie langer as twee weke nie. Onder ongekende internasionale druk word ’n wapenstilstand eensydig deur die regering afgekondig en deur die guerillas eerbiedig. Mislukte onderhandelings sorg vir ’n gespanne situasie wat nou al vier jaar duur. Van tyd tot tyd gaan die Meksikaanse veiligheidsmagte hulle te buite.
Reeds in 1993 bevind Amnesty International:
Marteling word dikwels deur wetstoepassers—die staats- en regspolisie—oor die hele Meksiko toegepas. Die meeste slagoffers word aangekeer vir kriminele oortredings, maar sommiges—insluitende leiers van inheemse gemeenskappe en menseregteaktiviste—word gebrandmerk slegs omrede hul vreedsame politieke bedrywighede.
Ook in 1993 verklaar die Americas Watch:
Oor die laaste vier jaar het ons en ander menseregteorganisasies die volgende waargeneem: ’n volgehoue patroon van marteling en misbruike in die kriminele regstelsel, deurspek met korrupsie; verkiesingsbedrog en -geweld; teistering, intimidasie en selfs geweld teen onafhanklike joernaliste, menseregtewaarnemers, ongewingsaktiviste, werkers, landelikes en inheemse groepe wanneer hulle probeer om hul reg op die vryheid van spraak en byeenkoms uit te oefen, terwyl diegene wat daardie basiese regte skend, skotvry daarvan afkom.
In Februarie 1994 maak die vernaamste opposisieparty, die
PRD (Demokratiese Rewolusie-Party), bekend dat 263 van hulle lede, aktiviste en
ondersteuners sedert die aanvang van die 1988 verkiesingsveldtog vermoor is.
Dis ongeveer die situasie tot op hede.
’n Kommuniké wat onlangs deur die munisipaliteit van San
Juan de la Libertad en 32 ander ‘bevryde’ munisipaliteite na ’n voorval
uitgereik is, sę:
In die gemeenskap Chajeval, op hierdie dag, 10 Junie (1998), het honderde federale soldate en die Openbare Staatsveiligheidspolisie, ondersteun deur helikopters met gewere en oorlogsvliegtuie, die gemeenskap beset. Met hul aankoms het hulle op die burgerlike bevolking geskiet en hul met traangas bestook. Honderde kinders, vroue en bejaardes is agtervolg terwyl hulle na die berg toe vlug. In hierdie daad van onderdrukking deur die bose regering is twee campanheros gedood, en baie aangehou en lewendig, soos diere, in die voertuie van die federale soldate en die Veiligheidspolisie weggeneem. Vandag het hulle ons dooie campanheros terugbesorg. Hulle is lewend hier weggeneem en is deur die Federale soldate en Staatsveiligheid tereggestel. Ons beskuldig die kriminele regerings van Roberto Albores Guillen en Ernesto Zedillo Ponce de Leon, as die intellektuele aanstigters van hierdie misdaad teen die mense van San Juan de la Libertad en ons eis straf vir hierdie kriminele en misdadigers.
Die Zapatistas bevind hulle tussen twee vure. Aan die een
kant is daar die Federale Leër wie se hande jeuk om hulle van die aardbol af te
klits. Aan die ander kant is daar die burgerlike owerhede, deur hulself
daargestel, wat daarop aandring dat hulle aanhou veg, maar sonder wapens.
Daar is min mense wat nie die grusame verhaal ken van hoe die Indiane vreemdelinge in hul eie land geword het nie. Al lę die oorwinningstogte van Hernan Cortes en sy 600 conquistadores al vier eeue in die verskiet, duur hierdie proses van verdringing tot vandag toe voort.
Nęrens is dit duideliker as in Chiapas, die suidelikste
staat van Meksiko nie. Hierdie gebied bestaan uit ’n vulkaniese landengte.
Sentraal is ’n hoë plato met steil landskappe; aan die westekant strek ’n
kusvlakte langs die Stille Oseaan en aan die ooste is die digte, tropiese
Lacandona oerwoud. Oor vyf eeue het die Spanjaarde en veral die Ladinos (mense
van gemengte Spaans-Indiaanse afkoms) die inheemse stamme sistematies verdring
uit die vrugbare laaglande wat voorheen bekend was as die graanskure van die
Indiane. Tradisionele landbou moes plek maak vir suiker, koffie en katoen.
Daarby duur die rassisme van Ladinos teenoor Indiane onverpoosd voort.
Sedert die 1950s kan die Indiane se klein grondgebiede nie
meer hul bevolking dra nie. Met die ekonomiese oplewing in die 1970s is baie na
die olievelde, maar die skuldkrisis in 1982 het hulle terug gebring, maar nou
met geld. Ook Spaanssprekende landelikes het saam met die Indiane die woud in
beweeg waar hulle die rooikleigrond ontbos wat na een tot drie oeste onvrugbaar
raak. Daar word beweer dat dit hierdie campesinos is wat die Indiane polities
geaktiveer het.
Saam met die Tzeltales, Choles, Tzotzils en ander ‘Indios’
bevind hulle hul aan die onderkant van die Meksikaanse sosiale piramide.
Voorheen het antropoloë gemeen dat die Indiaanse groepe nie veel kontak met
mekaar het nie, maar dit is nou deur hul situasie
verander.
Die nuwe ekonomiese beleid van die Meksikaanse regering het
hierdie groepe die swaarste getref. Dit word bereken dat die armes van Meksiko
se koopkrag die laaste tien jaar met 40% gedaal het. Dit is nie vreemd om te
vind dat agt tot tien Indiane in een modderhut slaap nie. Die meeste het slegs
toegang tot vuil water. ’n Buitegewone hoë aantal kinders sterf aan voorkombare siektes soos diarree, ontwatering
en tering. [Links: Kinders in die Chiapas provinsie (foto: BBC)] Wat
geletterdheid en geriewe soos lopende water en elektrisiteit betref, is Chiapas
sowat 20% agter die res van die land. Dis veral die 750 000 Indiane in die
staat van van 3˝ miljoen inwoners wat die statistiek aftrek. Die meeste van
hulle praat nog inheemse tale en bewoon ’n gebied wat eers relatief onlangs in
drie versnipper is deur die state Guatemala, Belize en Meksiko. Chiapas self is
eers na onafhanklikheid deur Meksiko geannekseer.
Was dit nie vir hul leier nie, sou min mense in die węreld vandag
van hul lot bewus wees.
‘El Sub’ noem hy homself—kort vir ‘subcomandante’. Wie die hoofkommandant is, word nie gesę nie. Wat seker is, is dat Chiapas en die lot van die Indiane vandag węreldbekend is, hoofsaaklik danksy sy welsprekendheid, ’n eienskap wat hoofsaaklik via die internet gekommunikeer word. Al beeld wat ons van hom het is dié van ’n gemaskerde, pyprokende rebelleleier van wie jy net die oë kan sien — smeulende oë wat die vroue in beswyming het en veroorsaak dat hulle hom tot die sexyste man in Meksiko verkies. Newsweek plaas hom tussen Oliver Stone en lede van die rockgroep ‘Rage Against the Machine’ en verleen daarmee ’n nuwe definisie aan die begrip ‘guerilla-chick’.
Sy charisma beweeg ’n horde mediamense om sy vloeiende argumente
met beelde van armsalige Indiane en brutale militęre magte die węreld in te
stuur. Skaars het die oorlog begin of die Meksikaanse regering moet ’n
skietstilstand afkondig en sy troepe uit die ‘bevryde’ gebiede onttrek. Geen
wonder dat daar niemand is wat hulle liewer wil stilmaak as hy nie.
Hy het ’n besondere sin vir die dramatiese. Tydens sy
spreukbeurt by die eerste beraad van ‘Menslikheid teen Neoliberalisme’
personaliseer hy die struggle en vra in die saal: ‘Waar is die sitplekke van
die Zapatistas wat in die eerste dae van die oorlog gesneuwel het?’
Hy verpoos ’n oomblik voordat hy verklaar: ‘Dit is hulle
stilte wat dit vir ons nou moontlik maak stemme om gehoor te word.’
Plotseling bring hy al 3000 aanwesiges terug na die harde
werklikheid.
Ek is op die punt om deur sy opruiende retoriek meegesleur te word as ek ’n koffiebreek neem en voor die tv beland. ‘Klein węreld,’ moet ek myself gerus stel as ek Spaans in die nuusulletin hoor. Die Gautengse premier noem die spreker die grootste rewolusionęr van ons eeu. Dis niemand anders as Fidel nie, wat in ’n twee-uur toespraak in SOWETO ’n toyi-toyende skare verseker dat apartheid nie dood is nie. Castro en Marcos, wat is die verskil?
Sy vernuftige kwinkslae waarmee hy die stelsel in
verleentheid stel, maak dat jy nie anders kan as om hom ‘cool’ te vind nie.
Maar wat sit agter sy masker? Iewers lees ek sy regte naam, maar vergeet dit
telkens. Dis nie belangrik nie. Dis die masker wat tel — soos hy in een van sy
opstelle in sy eie woorde verduidelik. Ek maak wel ’n nota van die feit dat hy
nie ’n Indiaan is nie.
Hy kan nogal snaaks wees. Hy vra: ‘Gestel die land word deur
’n verskriklike plaag getref. Ebola? AIDS? Cholera? Nee! Iets dodeliker en meer
vernietigend (het ons getref) … neoliberalisme!’ En: ‘… die masker van
moderniteit. Is dit aantreklik? Funksioneel? Aerodinamies? Bio-afbreekbaar?
Cool? Lite?’
Marcos is op sy snaaksste as hy ’n fop-dialoog tussen hom en
sy sidekick, Durito, op die trant van Don Quichote en Sancho Panza skryf. Maar
die rolle is omgekeerd en Marcos is die ewig-trae Sancho.
Hy is vaak.
‘Gaap jy alweer, kneg?’ vra Durito met ’n gloeiwurmpie op sy
skouer.
‘Ek het nie geslaap nie,’ verdedig Marcos homself, ‘ek het
gedink … dis 3-uur in die oggend. Kan ons nie slaap nie Durito?’
‘Slaap? U dink slegs aan slaap! Hoe kan u strewe om die hoë
status van wandelende-ridderskap te bereik indien u die mees geleë ure deur
slaap verbei?’
Iewers in die gesprek praat Don Quichote, alias Durito,
vergrootglas in die hand, oor Sherlock Holmes ‘… daardie Engelsman vir wie ek geleer het om oëskynlik onbelangrike
besonderhede te versamel, hulle in ’n hipotese saam te vat en dan nuwe gegewens
te soek wat dit sal bevestig of ontken. Dis eenvoudig ’n kwessie van afleidings
maak, soos my leerling Sherlock Holmes gedoen het as ons saam in die kroeë van
Londen se slegte buurte gaan suip het. Hy kon meer van my leer, maar toe sit hy
mos af met daardie Conan Doyle wat beloof het om hom beroemd te maak. Nooit
weer sedertdien van hom gehoor nie!’
Sonder dat ek nog enigsins kans gehad het om die standpunt van die Meksikaanse regering te verneem, sorg Marcos daarvoor dat ek hulle sommer met ’n wrewelrige haat begin haat. Die laaste voorbehoude word uit die weg geruim deur ’n geleerde aanhaling uit die Oorlogskuns van Sun Tzu: ‘Oorlog is van die grootste belang vir die staat, dis ’n saak van lewe en dood; die weg wat na oorlewing of uitwissing lei. ’n Diepte-studie daarvan is onontbeerlik.’
Marcos skroei sy vyande dat ’n mens lekker kry: ‘…die
Meksikaanse staat is ’n kriminele “eenparty” staat. Rondom sy leier is daar ’n
uitverkore kring wat hom (seker nie sonder om te bloos nie) “Seńor President”
noem.’ Hy is ’n ‘sluipmoordenaar met die serp van ’n president oor sy borskas.’
Die wandade van Seńor President en sy voorgangers word aan die kaak gestel: ‘…
en altyd, met dieselfde dringendheid, word die grondslag van nasionale
soewereiniteit verswak, indien nie sommer verwoes nie, deur die neoliberale
regerings van Miguel de la Madrid, Carlos Salinas de Gortari en (die student
oortref sy leermeesters) Ernesto Zedillo Ponce de Leon.’
Marcos meen die amptenare van die Meksikaanse regering het ‘die besetenheid van die Vier
Perderuiters van Openbaring — Zedillo, Labastida, Green, Madrazo, Gurria,
Ortiz, Rabasa en Albores. Ja, ek weet ek het 8 opgenoem,’ skerts hy, ‘maar 4 is
ruiters en 4 is diere, kies maar ….’
Van die einste Rabasa sę hy: ‘Rabasa … sien die noodsaak in
om te bewys dat daar geen sotheid geuiter word wat nie (deur hy, homself) die
volgende dag met vlieënde vaandels oortref kan word nie.’
Albores noem hy ’n maarskalk ‘wat nou ’n bevoorregte posisie
beklee tussen al die sluipmoordenaars en diewe van hierdie eeu.’
Hy skeer gek met sy regering se afhanklikheid van die VSA:
‘… die Meksikaanse federale leër doen (onder leiding van Noord-Amerikaanse
raadgewers) dieselfde werk as Generaal Custer onder die inheemse volke van die
VSA. Hoë offisiere in die Meksikaanse regering antwoord vlug en seker op die
vraag: “Wanneer is Independence Day?” met ’n beslisde, “die vierde Julie!”’
Sommer in die middel van ’n toespraak word ook skreeusnaakse
oorlogskommunikés tussen Zedillo (die president) en die Operasionele Bevelgroep
van die Federale Leër weergegee. Eers ’n entjie deur die oefening kom die leser
agter dat dit ’n makabere gekskeerdery is met die magslus en inkompetensie van
die vyand.
Marcos raak op sy verraderlikste as hy sarkasties is. Hy maak kastig asof hy aanbieder van ’n tv-kanaal is: ‘Aanskou die federale soldate: so jonk, so sterk, so welgevoed, so goed-toegerus, so goed opgelei, so … so …. Kyk net hoe dapper veg hulle van agter hulle tenks, hulle ligte artillerie, hulle helikopters, bomwerpers. Kyk met watter beslistheid en moed hulle die vyand voorkeer en skiet. Watter toewyding! Watter heldemoed! Hoe dapper! Watter veragting vir gevaar! Sal ’n mens hulle nie bewonder nie? Is julle nie lus om die volkslied te sing waar dit sę: “Meksikane tot die oorlogskreet…”’
‘Dis patriotisme. Maak nie saak dat die anderkant, die
“vyand” se kant, net pangas, klippe, stokke, hande en tande het nie. Maak nie
saak dat die ander kant, die kant van die “vyand” inheemse Meksikane is nie,
hulle wat hierdie lande eerste bewoon het nie, hulle wat hul verset het teen
die veroweraars nie, hulle wat geboorte aan hierdie nasie gegee het en met
Miguel Hidalgo, Jose Maria Morelos, Vincente Guerrero geveg het, en teen die
gringos in 1847 geveg het, hulle wat aan Juarez se kant teen die Franse inval
geveg het, wat hul vlees, bloed en trane vir geregtigheid in die rewolusies van
Villa en Zapata gegee het, hulle wat geweier het om deur ’n model, ’n
neoliberale model, uitgewis te word wat op elke manier ’n uitwissingsoorlog
teen hulle voer nie.’
Emosie word opgewek deur helde en booswigte te gedenk. Die heldedade van Generaal Felipe Angeles
word opgenoem, en daar word afgesluit met: ‘Die geskiedenis onthou hom as ’n
militęre patriot.’ Dan word die wandade van Generaal Victoriano Huerta, ’n
kontra-rewolusionęr en teenstander van Emiliano Zapata gelys. ‘Die geskiedenis
herinner hom as ’n verraaier van sy Tuisland.’
Hy is ook vol minagting vir ‘voormalige Maoiste, linkses en
radikale, vandag splinternuwe raadgewers vir regse kriminele (wat soos
koketiele begin praat, ….’
Hy raak digterlik: ‘… ek sien die middel van die jaar 1998
verbygaan en die laaste stuiptrekkings van ’n eeu wat weier om sonder skandale
en buitensporighede afskeid te neem — veo
pasar la mitad del ańo de 1998 y los últimos estertores de un siglo que se
niega a retirarse sin escándalos y atropellos.’
’n Roerende gedig van Manuel Scorza word ingevoeg.
La noche pasará,
Die nag sal verbygaan
Pueden escupir las aguas,
Waters kan spuit
Pueden fusilar a los gorriones,
Hulle kan na
swaweltjies skiet
Pueden quemar los versos.
Hulle kan verse
verbrand
Pueden degollar al dulce lirio.
Hulle kan die soet
iris afsny
Pueden romper el canto y arrojarlo a una ciénega.
Hulle kan die lied
breek en in ’n moeras gooi
Pero
esta noche pasará.
Maar hierdie nag sal
verbygaan
Sy retoriek sal nie afgerond wees sonder ’n paar Bybelse verwysings nie. Uit die verhaal van Noag se ark haal hy ’n les.Hy gee ’n liriese beskrywing van die inheemse Indiane wat stilweg die lug en grond aanskou en ’n wind ‘van onder’ voorspel wat deur die landerye van Meksiko en die węreld, deur stofstrate en gehuggies, plase waai.
‘In stilte voltooi hulle hierdie nuwe en absurde Noagsark
en, wetende dat die wind vir demokrasie, vryheid en geregtigheid waai, hys
hulle hoog die dubbele seil van hoop, die enjin en lamp van hierdie skip, hul
boot van altyd af, die skip van hoop.’
‘Met kuns en wetenskap bou hulle die ark en kies ’n
bemanning uit die duisende van hul eie geledere.’
‘…. Na ’n lang stilte spreek die Indiane ’n boot, en roep
almal om aan boord te gaan.’
Dit is egter nie net ’n leier met kenmerke van Zorro, Che Guevara en Speedy Gonzales wat die verbeelding aangryp nie. Dit is die mense wat die verset ondersteun. Hul probleem bly steeds wanhopige armoede. Hul leër van Indios, van mense van wie eeue lank min gesien en gehoor is, kon maklik ’n kleinlike etniese opstand wees, maar word oor ’n wyer boeg gegooi — dié van die lot van inheemse mense węreldwyd. Verder, en miskien is dit die aangrypendste, is dit die stryd self wat tot dusver die hoë morele grond hou deur ’n aantal heel onverwagse posisies in te neem.
Hulle beklemtoon dat hulle ’n leër is wat nie een wil wees
nie. Hul leuses is: ‘leierskap deur gehoorsaamheid, en ‘nie stryd om mag’ nie. Een
van hul eerste doelstellings was om te veg totdat hulle die hoofstad van die
land bereik om hul saak te stel. Hulle veg met ander woorde om gehoor te word.
Maar hulle wil nie net gehoor word nie, hulle wil ook ‘luister’ — laasgenoemde
moet hul verhouding beskryf met die burgerlike owerhede in die bevryde gebiede.
Eintlik is hierdie ’n paradoksale rewolusie (hulself noem
dit ’n rebellie), wat homself op artikel 39 van die Meksikaanse Grondwet
beroep. Die betrokke artikel sę dat elke gemeenskap te alle tye die reg het om
sy eie regeringsvorm te verkies. In ooreenstemming hiermee het, byvoorbeeld,
die Pueblo-Indiane van Ricardo Flores Magon en Tierra y Libertad hul eie
burgerlike owerhede gekies en munisipaliteite gevorm waardeur hulle hulself met
‘vryheid, demokrasie en geregtigheid’ regeer. Hiertoe het die regering ook in
die San Andrés-akkoord van Februarie 1996 ingestem, maar dit later weer
verbreek.
Verder beroep die Zapatistas hulle op die wetgewende en regsprekende
gesag van die staat téén die uitvoerende mag, wat hulle as geweldenaar sien. Op
hierdie gronde verdedig hulle die wettigheid van die rebellie, en beweer hulle
dat die provinsiale regering onwettig is omdat die lokale gemeenskappe nie oor
sy aanstelling geraadpleeg is nie.
Die Zapatistas is vreemd om nog ’n rede. Anders as die
outoritęre houding van tradisionele Leninisme plaas hulle demokratiese
handeling bo-aan hul lys. Dis nie meer net ultra-linkses of anargiste wat op so ’n praktyk aandring nie. Marcos
self verduidelik die transformasie van die Zapatistas vanaf ’n
Marxisties-Leninistiese organisasie tot ’n vryer vorm. Nogtans het hulle ’n
soort kollektiewe leierskap. By die beraad wat hulle byeengeroep het van
‘Menslikheid teen Neoliberalisme’ het die Zapatistas nie aan die gesprek
deelgeneem nie, maar later, toe Marcos gepraat het, was dit duidelik dat hulle
met hom beraadslaag het.
Baie van die linkervleuel se dink-energie gaan deesdae
daarin om ’n middeweg tussen die gesentraliseerde party en program van Maxisme
en die ‘reënboogkoalisie’ van verskillende demokratiese struggles te vind. Daar
kan geen globale program wees wat leiding in alle toepaslike gevalle gee nie.
’n Sentrale bestuur op nasionale of selfs internasionale vlak, pas nie in by
die idee van ’n demokrasie ‘van onder’ nie. In die post-moderne węreld is mense
uit die aard van die saak skepties oor alle ‘meesterplanne’. Soos ’n
kommentator op die internet verduidelik: Die aftakeling van die Sowjet-Unie
maak dit noodskaaklik om ’n eie utopia te herontwerp. Elke gemeenskap moet nou
sy eie toekoms ontdek en besluit hoe om nuwe vorme van demokrasie in werking te
stel. Die skakeling van hierdie verskillende demokratiese insiatiewe, is die
rigting wat die linkervleuel nou moet inslaan. Die aangewese medium waardeur so
’n netwerk geskep word, is uit die aard van die saak die internet. (Dit is net
ironies om te dink dat die internet die skepping van die Pentagon is.)
Redelik naďef verduidelik ’n ander kommentator dat dit ’n
rewolusionęr se rol is om die waarheid te ontdek en bekend te maak; nie om die
goeie te prys en die slegte te verberg nie. Niks kan meer skadelik wees vir die
rewolusie as die onderdrukking van kritiek nie. Om vandag ’n rewolusionęr te
wees, sę hy, is soos om op soek te wees na ’n ‘Heilige Graal’.na die formule
vir ’n suksesvolle rewolusie teen globale kapitalisme.
Ten spyte van die teoretisering van intellektuele rewolusionęre is die Indiane van Chaipas besig met hul eie beraadslagings ‘van onder’. Elke bevryde gemeenskap debatteer sake en stuur dan hul bevindings oor en weer na die ander. Aangesien daar verskillende inheemse tale gepraat word, is heelwat vertaling nodig. Op grondvlak kan die debatte nogal interessant raak, soos uit Marcos se vertelling van ’n sonderlinge debat blyk.
In ’n humanitęre besending aan die inwoners van ’n dorpie,
vertel hy, vind hulle ’n beeldjie. Dit is 30cm hoog, en is getooi met goue
koorde en gekleurde kersies. Dis mooi, sę die een wat hom daarvan vertel. Dit
lei tot ’n debat, ’n argument en uiteindelik ’n groot byeenkoms. Die argumente
verskuif van ’n speelgroend, na ’n dansvloer, en na ’n saal. Die beeldjie is ’n
afbeelding van die Maagd van Guadalupe, die beskermheilige van Meksiko.
Die mense gebruik die dorpie as ’n tydelike toevlugsoord en
word deur Zapatista-guerillas bewaak wat hulself met trots ‘die mense van
Guadalupe Tepeyec’ noem (Tepeyec is die naam van hul stam). Op ’n punt is daar
’n meningsverskil oor die vraag of die beeldjie in die dorp sal agterbly waar
sy hulle beskerm, en of sy saam met hulle na hul hul huise sal terugkeer.
Uiteindelik is dit die mans teen die vroue. Die mans meen die beeldjie moet
agterbly as ’n dankie-sę geskenk aan die mense van die dorpie wat hulle tydelik
huisvesting gee; die vroue sę dis ’n geskenk en ’n geskenk mag nie weer as
geskenk gegee word nie, want dan is dit nie meer ’n geskenk nie. Die argumente
raak heftig en heelparty ontpop as spontane redenaars. Die voorsitter van die
dorp besluit dat dit ’n saak is wat almal raak — daar is nog mans wat die
mielielande brand en vroue wat klere in die rivier was — hulle sal almal ná
donker ’n algemene vergadering hou. In hul dorp hou hulle vergaderings waarop
hulle selfs stem oor hoe lank ’n dans sal duur. In Augustus 1994 en Januarie
1995 was die dorp die hoofkwartier van die Zapatistas, en het in ruil daarvoor
dosyne tenks en helikopters gekry en duisende soldate wat nou hulle lande
beset.
Teen die tyd dat die vergadering ’n aanvang neem, het die
dag alreeds sy son-muntstuk in die berg se spaarbussie gedeponeer, vertel
Marcos. Die koelheid van die aand
streel die donker velle van die mans en
vroue.
Dońa Herminia praat met ’n hees stem, en vanuit ’n honderd
jaar van ervaring. Sy sę dat die Maagd van Guadalupe van die stad gekom het om
haar seuns en dogters te vind, die ‘Zapatatistas Guadalupanas’ en aangesien sy
hulle nie gekry het nie, het sy vir hulle in die berge begin soek, en na baie
omweë het sy uiteindelik hier by hulle aangeland. Die dońa sę die Maagd moet al
baie moeg wees van so op en af oor die heuwels te toer, veral met die hitte wat
heiliges en sondaars om’t ewe verskroei, en dat ’n bietjie rus haar glad nie
kwaad sal doen nie. Noudat die Maagd by hulle is, is dit goed dat sy ’n bietjie
by haar eie mense rus. Maar sy het nie van sover gekom om te rus nie, sy het
nie van die een plek na die ander gereis op soek na ons, net om hier agter te
bly as ons Guadalupanos verder gaan nie. Die dońa dink (al die vroue en hier en
daar ’n man knik hul kop instemmend) dat die Guadalupana (dis nou die Maagd) by
haar eie seuns en dogters wil wees waar hulle ook al gaan, en dat haar
vermoeidheid beter gedien sal word deur saam met haar familie te rus, en dat
die droefheid in haar hart haar minder sal ontstel as sy by hulle is. Ook haar blydskap sal stralender wees as sy
by haar eie mense is. Waar die mense van Guadalupe Tepeyec gaan, daar sal die
Maagd ook gaan — as die oorlog hulle in die berge jaag, sal die Maagd ook na
die berge wil gaan. Sy sal soos hulle, in ’n soldaat verander en haar donker
waardigheid verdedig, en as vrede hulle terugneem huis toe, sal sy opbou wat
vernietig is.
‘Ek vra u Madrecita, of u saamstem om orals te gaan waar ons
gaan, ons aan wie u uself gegee het?’ vra die dońa aan die beeldjie wat voor
die gehoor staan. Die Maagd antwoord nie. Haar donker blik staar af na die
grond. Na ’n oomblik van stilte sę die dońa: ‘Dis al woord wat ek het, broers.’
Niemand het meer iets te sę nie. Daar word gestem en die
vroue wen. Die Maagd van Guadalupe sal gaan waar die Guadalupanos gaan. Na die
vergadering sal daar ’n dans wees. ’n Marimba waarby die donkerkleurige
beeldjie toesig oor die feestelikheid hou.
Die slotsom van die een wat die storie aan Marcos vertel? Jy
weerspreek nooit ’n vrou nie, allermins wanneer die soelheid van die lente
alreeds begin voelbaar raak in die bergnagte in die suidooste van Meksiko.
Van die Zapatistas wat ’n gewapende stryd van landelikes aan die einde van die twintigste eeu voer, gaan my gedagtes gaan terug na ’n ander gewapende stryd aan die begin van die eeu: dié van die Boere teen die Britse Ryk. Op die oog af is daar net verskille, maar daar is ook ooreenkomste. Dis nie moeilik om vas te stel dat die publieke opinie in die res van die węreld steeds aan die kant van die peasants, die campesinos, die landelikes is nie. By die stryd van die Indiane vind ’n mens ’n sekere onwilligheid, ’n bepaalde etiek wat minimum-geweld voorstaan. So vind ’n mens ook ’n Sir Arthur Conan Doyle se verslag oor die Anglo-Boereoorlog verwysings na die ‘stroefheid’ waarmee die Boere in die stryd gegaan het. Om dit te illustreer vertel hy hoe verskillend die Boere en die Britte hul oorwinnings gevier het. Waar die Engelse tot laatnag jolyt gehou het, het die Boere na ’n sekere oorwinning droefgeestig saamgekom, ‘Prijs den Heer met blijde Galmen’ gesing soos by ’n begrafnis en vroeg gaan slaap.
Veel van die Zapatistas se intellektuele appél hou verband met Marcos se vermoë om hul stryd teen ’n węreldwye agtergrond te plaas. Is daar enige rebellie, of rewolusie wat so welsprekend binne die węreld van die mikroskyfie, sattelietkommunikasie en internasionale markte afspeel?
Sy vaardigheid in die nuwe kommunikasie-media — e-pos,
web-bladsye — word aangevul met sy bewussyn van die effek wat hierdie nuwe
tegnologie op die węreld het. Hy meen trouens dat dit die
kommunikasie-rewolusie is wat die bestaande sosiale misstande veroorsaak.
Volgens hom herhaal die geskiedenis van die Industriële Rewolusie homself, nou
net op ’n veel groter skaal. Destyds het die masjien die menslike spierkrag
vervang; in die huidige rewolusie is dit die rekenaar wat die menslike
breinkrag vervang en die globalisering van die węreld moontlik maak. Vir die
eerste maal kan handel 24 uur per dag bedryf word. Danksy die nuwe
informasie-tegnologie kan die finansiële markte hulle wette en voorskrifte nou
op die hele planeet afvorseer. Globalisering is niks anders as ’n globalisering
van die logika van finansiële markte nie. Dit raak die nuwe evangelie waarby
almal moet inval. Uiteindelik beteken dit, soos in die tyd van die industriële
rewolusie, ’n massiewe verskuiwing in kapitaalgoedere en magsverhoudinge. Al
verskil is dat die effek nou oor die hele planeet gevoel word. Nasionale grense
word herdefinieer, handel word geglobaliseer, trans-nasionale korporasies
verkry magte wat hulle nooit voorheen gehad het nie, węreld-denke word
gehamonieer. Vir Marcos beteken dit net een ding: Almal word geleer om net een
deuntjie te sing: die vrye mark, die vrye mark.
Hierdie stand van sake, word as die neo-liberalisme
bestempel, en is die groot euwel wat die węreld bedreig. Dit behels die
aftakeling van alle handelsbeperkings, die inskakeling van alle lande by een
groot vrye mark, die privatisering van staatsbesit. Die immergroen vraag is
natuurlik: cui bono? wie is diegene
wat hierby baat? Wie se vryheid word gedien?
Volgens Marcos is dit alweer die rykes, wie se belange in
die groot transnasionale maatskappye verskans is. Hy noem baie statistiek om sy
stelling
toe te lig. Die węreld se ekonomie is prakties gesproke in die hande van die
groot maatskappye. In die begin van die 1990s het 37 000 trans-nasionale
maatskappye en hul 170 000 filiale die internasionale ekonomie beheer. Hulle
getalle word verminder deur ’n konstante
proses van oornames en uitkoop-transaksies. Uiteindelik is dit die 350 grootste
maatskappye met hul 18.8 miljoen werknemers wat die meeste voordeel trek uit
hierdie nuwe bedeling. Trans-nasionale kapitaal het van 17% in die 1969s
gegroei tot 24% in 1982, tot meer as 30% in 1995. Hierdie maatskappye is die
ruggraat van die G7-lande. Die rykdom in die węreld is veral in 3 lande
gesetel: die VSA het 39%, Japan 18% en Duitsland 9% van die węreldekonomie.
Globalisering en die meegaande ideologie van neo-liberalisme, maak dat ’n
situasie bestendig word waarin 500 miljoen mense op aarde in weelde leef, en 4˝
biljoen in armoede. So byvoorbeeld is die weelde van die 358 rykste mense op
aarde gelyk aan die besittings van die 2˝
biljoen armstes op die planeet, dit wil sę 45% van die
węreldbevolking. Nog ’n voorbeeld is
die Fordmaatskappy wat alleen groter is as die ekonomie van die hele
Suid-Afrika. (Links: Ontwerp deur Clemente Padin ter ondersteuning van
Zapatistas). [Regs: Ontwerp deur Clemente Padin ter ondersteuning van
Zapatistas]
Die effek van hierdie situasie op die armer dele van die
węreld is verwoestend. Die węreldskuld is 33 triljoen dollars, dit wil sę 130%
van al die lande se gesamentlike Bruto Nasionale Produkte en dit groei tussen
6-8% per jaar, vier maal vinniger as die BNP’s. Die bestaande skuld kan dus nie
terugbetaal word nie. Intussen word die armes armer, selfs in die VSA waar die
80% armste mense slegs 1.2% van die land se weelde besit. In Brittanje het die
kinders op welsyn van 7% in 1979 gegroei tot 26% in 1994, terwyl die aantal
armoediges van 5 tot 13,5 miljoen gegroei het. Van die 1,148 biljoen kinders in
die węreld leef 100 miljoen in die strate en 200 miljoen verrig kinderarbeid.
Vlugtelinge het van 2 miljoen in 1975 gegroei tot 27 miljoen in 1995.
Die feit is dat die monetęre en ander krisisse in die węreld
nie toevallig is nie, maar deel is van ’n globale herskommeling van die
węreldekonomie. Die simptome hiervan slaan orals soos masels uit: inflasie, die
verlaging van reële koopkrag van die armes, werkloosheid. Thatcherisme is maar
net ’n skuif om staatskapitaal te laat oorgaan in die mag van internasionale
maatskappye.
In Meksiko, soos die geval met baie armer lande, lei die
privatisering van staatsbelange — afgedwing deur die Inernasionale Monetęre
Fonds — tot die afskaling van sosiale dienste. Globalisering bring massiewe
verskuiwings in die arbeidsmag — weg van die landbousektor en vervaardiging, na
die tersięre sektor van die ekonomie. Dit werk wydverspreide werkloosheid, ontwrigting
en bankkrotskappe in die hand. Omdat die IMF deur die neo-liberale geldmag
beheer word, eis dit privatisering as voorwaarde vir lenings aan armer lande.
En wie is die instansies wat die geld het om die belange te koop? Weer ens die
internasionale geldmag. Daar is ’n meedoënlose poging van finansiële sentra om
nasionale state op te los binne die groot megalopolis. (Iewers in sy betoog
belowe Marcos om nog die storie van Alibaba en 40 bankiers te vertel).
Nasionale state word nou departemente van megamaatskappye wat hulle nou soos
lande begin gedra.
In baie gevalle is dit internasionale misdaad wat die geld
het om winskopies op te raap en hul geld in eerlike bates te omskep.
Internasionale misdaad is ’n $1000 biljoen sterk (dwelms: $350 biljoen), ’n bedrag
ekwivalent aan die BNP van 60% van die węreldbevolking. Hulle maak ruim gebruik
van die 55 fiskale paradyse (Switserland, Luxembourg, Bahamas, Bermuda).
Al hierdie statistiek het regstreekse betrekking op die lot
van die armes, ook in Meksiko, waar die welvaart die laaste 15 jaar met 30%
geval het. Met armes van Meksiko het dit nog slegter gegaan: binne die laaste
tien jaar het hulle koopkrag met 40% verswak. En dit terwyl Meksiko volgens
Forbes Magazine 32 van die rykste 500 mense in die węreld het. in Meksiko
gebeur presies dieself soos orals oor die węreld waar globalisering besig is om
lokale elemente—die uitnemendheid van Europa, die wysheid van Asië, die ryk
tradisies van Afrika en Oseanië—met die Noord-Amerikaanse ‘lewenswyse’ te
verplaas. In so ’n situasie word die staat van ’n land soos Meksiko soos ’n
ontkleedanser wat op die tafel geklim het en al dansende besig is om van al
haar klere ontslae te raak – totdat uiteindelik net een ding oorbly: naakte mag
waarmee die armes onderdruk word.
Dis is dus duidelik dat die groot vyand van die Zapatistas
en die hele węreld nie die Meksikaanse staat is nie, maar die
neo-liberalistiese denkpatroon wat dit in sy greep het. Hierdie ideologie noem
Marcos ‘die bees’, na die apokaliptiese figuur uit Openbaring 13. Dit is die
antichris wat aan die einde van die tyd sal verskyn en die ganse węreld in sy
kloue probeer kry, veral ook die handel. En hierdie ‘dier’ is nie net vir die Indiane se ellendes
verantwoordelik nie, maar is besig om katastrofes reg rondom die aarde te
veroorsaak.
Uit al die beredenerings is dit duidelik dat ons hier met ’n opdatering van klassieke Marxistiese teorie te doen het, nou aangepas by die realiteite van globalisering. Die basis van die ou teorie bly behoue, naamlik dat kapitaal nie deur die harde werk en spaarsin van die gewonde mense geskep word nie, maar deur die manipulering van mag waardeur die arbeiders ’n rat voor die oë gedraai word. Kapitaal is nie ’n ding nie, maar ’n verhouding tussen mense wat op mag gegrond is. Eers word die mense se vermoë gesteel om oor hul eie sake te besluit, dan word hul land en sy bronne gesteel, dan hul arbeid. Sodoende word niksvermoedende inboorlinge verslaaf, beroof en uiteindelik begrawe.
Uiteindelik gaan dit om die mag van die sterkes. Dis in hierdie lig dat die Zapatistas Amerikaanse ambassadeur Madeleine Albright se uitspraak verstaan as sy sę: “Een van die eerste doelwitte van ons regering is om te verseker dat die ekonomiese belange van die VSA op ’n planetęre vlak kan uitbrei” (Wall Street Journal 21/1/97). Nie al die 149 oorloë sedert die Tweede Węreldoorlog (dodetal: 23 miljoen) was die gevolg van kapitalisme nie, maar uiteindelik speel hulle almal in die hande van die nuwe węreldorde.
In die skemerjare
van die 20e eeu wag uitgebreide gebiede, rykdomme en veral ’n geskoolde
arbeidsmag op ’n nuwe baas. Die groot vraag wat gevra moet word, is of daar ’n
nuwe orde tot stand kan kom wat nie op deur geld gereguleer word nie. Dit sal
’n orde moet wees waarin daar nuwe menslike verhoudings tot stand kom wat op
gelykheid, samewerking en gemeenskaplikheid berus, aldus El Sub.
Uiteindelik lei Marcos se vloeiende oorsig oor węreldgebeure tot meer vrae as antwoorde. Al het ’n mens hoeveel simpatie met die Indiane van Chiapas laat sy ontledings veel te wense. Hy kla omdat staatsbesit geprivatiseer word, maar dis onbetwisbaar dat burokrasieë oor die algemeen nie koste-effektief is nie. Selfs China moet die knie voor hierdie harde werklikheid buig. Toe ek verlede jaar in Beijing was, het die Party pas besluit om tot 49% private inisiatief in ondernemings toe te laat. Tradisionele kommunistiese baniere in die strate het hierdie keer vryemark-slagspreuke uitbasuin, en is deur Nashua geborg. Studente moes vanjaar vir die eerste maal weer vir hul studies betaal. In Rusland het die roebel vandag tot ’n nuwe laagtepunt van een tot twintig teenoor die dollar geval.
Marcos betreur dat nasionale state se soewereiniteit deur
globalisering in gedrang kom, maar is dit moontlik om die horlosie terug te draai
en die informasie-rewolusie te beperk? In die geskiedenis was dit elke keer so
dat nuwe media oor nuwe politieke eenhede genoodsaak het. Soos wat die drukpers
instrumenteel was tot die ontstaan van nasionale state, net so is die rekenaar
instrumenteel tot die ontstaan van groter internasionale groeperings. Die groot
vraag is sekerlik nie of ’n mens globalisering moet keer nie, maar of dit ’n
humane aangesig kan hę.
Hy kla oor die afskaling van sosiale sorg, maar die sosiale skemas
van die ontwikkelde lande was almal slegs moontlik vanweë hul ekonomiese
magsposisies in die węreld—en ten spyte daarvan is die staatskaste leeg. As daar nie geld is nie, is daar nie geld
nie.
’n Mens wonder of hy enige insig het in wat kommunisme węreldwyd so bankrot gelaat het? Selfs Marcos, wat globalisering so verafsku, maak van die tegnologie gebruik wat dit in die eerste plek moontlik gemaak het.
Nee Marcos, gaan ek vir hom sę, jy maak die fout van almal wat vanuit ’n punt van zero ekonomiese groei te argumenteer. Laat ek verduidelik. Wanneer ’n mens na die rykdom van ’n samelewing kyk, sonder om die dinamiese proses in ag te neem waardeur daardie rykdom geskep word, argumenteer jy vanuit ’n posisie van zero ekonomiese groei. Dit is die denkfout van almal wat eenvoudig die ‘ekonomiese koek’ van die land in eweredige dele wil sny en uitdeel. Om die harde mededinging en die kreatiewe drif wat nodig is om daardie ‘koek’ in die eerste plek te skep, nie in berekening gebring word nie, is mos om die bron van welvaart te vernietig.
En tog, Marcos, jy laat ’n Suid-Afrikaner dink, want baie
van wat jy sę, klink oorbekend. Is daar regtig ’n internasionale sondebok vir
wie ons die skuld kan gee as ons aandelebeurs in die grond duik soos in hierdie
dae? En, het die vakbonde gelyk as hulle ernstige protes teen privatisering
aanteken? Gee die gebeure in Chiapas ons ’n aanduiding van wat in SA kan gebeur
wanneer die kommunale stamgebiede geprivatiseer word? ’n Mens is nie lank met
die Zapatistas besig nie voordat jy die ironie insien van ’n rewolusionęre
beweging teen ’n demokratiese staat met ’n konstitusie wat so goed is as wat jy
kan kry. Is dit wat gebeur as daar beloftes op papier gemaak word wat nie in
die werklikheid haalbaar is nie — ’n ‘legitieme’ opstand? Is dit nie dalk ons
voorland nie; ’n gewapende rebellie wat hom op die konstitusie teen die staat
beroep nie? Sou Afrikaners nie dieselfde argumente kon gebruik in protes teen
die minagting van hul taal nie?
As ek Marcos in die hande kry, sal ek hom graag wil uitvra. Waarskynlik sal daar nie tyd wees vir diep gesprek oor die ekonomie nie, dus sal ek maar my belangrikste vraag eerste moet stel. Ek sal versigtig wees om nie onbeleefd te klink nie, maar mens-tot-mens wil ek van hom weet: Hy ken tog die geskiedenis van Meksiko. Hy weet watter hewige tol die land moes betaal vir sy geskiedenis van onstabiliteit, vir ’n geskiedenis van rewolusie op rewolusie vir amper twee eeue lank. Is dit nie genoeg rede om eerder lydelike verset te probeer as oorlog nie?
‘Amigo, campanhero,’ gaan hy vir my sę, ‘maar kan jy nie sien ons stryd beantwoord aan al die vereistes vir ’n legitieme opstand nie?’ As hy teologie ken, kan hy selfs die argumente vir ’n regverdige opstand opnoem (met verwysing na onlangse Suid-Afrikaanse pleitbesorgers daarvoor): Waar die regering sy legitimiteit verloor het, mag burgers in opstand kom. Natuurlik moet hulle dan aan hul nuwe owerhede dieselfde onderdanigheid bewys as aan ’n wettige leier. Natuurlik moet ’n mens seker maak dat (a) die geweld wat jy aanwend nie uit haat is nie, (b) dat dit absoluut nodig is, en (c) dat dit aan die vereistes vir minimum-geweld voldoen.
‘Amigo, weet jy dan niks van bevrydingsteologie nie? Gaan vra vir biskop Samuel Ruiz hier anderkant in San Christobal de las Casas.’ Nogtans wil ek hom vra.
Marcos is nogal trots op sy wapens. In een van sy kommunikés vertel hoe hy en die ou man Antonio ’n verkenningstog uit die oerwoud op die hoogland na die rivier ver onder hulle onderneem. Hulle het nog net ’n handjievol mieliemeel oor. Ure lank volg hulle ’n trop wildevarke. As ’n beer hul jaag, spring hy in ’n boom. Die beer storm verwoed op die ou man af wat after ’n klomp riete wegkruip. Dan gebeur die onvermydelike: die vark verstrengel hom in die dorings en rankplante en die ou man skiet hom netjies tussen die oë.
Teen skemer maak hy sy M-16, ’n 5.56 mm kaliber outomatiese
masjiengeweer (460 meter trefafstand), skoon, skryf ’n sin in sy joernaal, en
slaap. Die volgende oggend sien hy dat die ou man iets in sy dagboek bygeskryf
het:
‘As jy nie beide rede én mag het nie, kies altyd rede en los al die mag
vir die vyand. In baie gevegte behaal mag die oorwinning, maar in die stryd in
geheel kan slegs rede wen. Die sterke kan nooit verstand uit sy mag put nie,
maar ons kan altyd krag uit rede put.’
Dis nie net sy wapen waarop hy trots is nie, maar ook sy
argumente! Miskien moet ek hom meer krediet gee. Hy probeer nog iets vir die
armes doen, anders as al die boekgeleerdes en hulle wat met gevoelens van
medemenslikheid smous, maar nie ’n vinger verroer nie. (Selfs ek, wat soms ’n
uitgesproke pasifis is, wil daardie miaauende kat vrekskiet.) Laat ek weer
begin:
Liewe, liewe Marcos! Ek weet hoe sterk die drang by jou moet wees om jou goed te vat en uit te wyk na Amerika. Om dáár die lewe van ’n celebrity te gaan voer. Om ’n rondte van die land te doen en die goedgelowige Amerikaners se derms uit te ryg oor die lot van die armes terwyl jy lekkerder kos as wildevark eet, en in ledige oomblikke jou memoirs skryf. Kyk, ek wil vir jou sę, ek het jou e-pos gelees, en dis so esoteries, so geďnspireerd, dit laat my dink aan die hof van Kublai Khan en Coleridge en Opperman. (Kyk, ek weet van al die wilde sampioene wat in daardie geweste van jou groei en ek wonder maar net …).
So sit ek nog en tokkel op die sleutelbord met die lettertjies wat in rye op my rekenaarskerm verbymarsjeer as ek skielik onderbreek word.
‘Ek het kom sę dat aandete oor ’n halfuur gereed sal wees,
maar ek moet jou asseblief ’n guns vra.’ Minnie het by die deur ingekom met
donker kringe om die oë. ‘Sal jy vanaand in jou kantoor slaap en die kat stil
hou? As hy my nog een nag wakker hou, raak ek gek.’
Buite is dit reeds skemeraand. ‘OK, maar môre kry ek ’n
kettie. Of ek vang hom in ’n hok met sardiens.’ As kliniese terapeut het sy ’n
rowwe dagprogram. As sy vannag goed uitrus, kan ek haar dalk môre oor Marcos se
sielkundige profiel uitvra.
Sy is skaars weg of die harstogtelike kattemaai begin. Na ’n
vergeefse klip in die varings gaan sit ek moedeloos op die trappies by die
swembad. Op die horison flikker ligte van olietenkskepe onderweg na die ooste.
Die baai glinster in die maanlig. Skielik roer die wildepiesangs. Die eerste
wat ek sien is die balaclava wat sy gesig verberg. Ek’s verbaas dat hy gekom
het, maar bly cool. ‘Goed jy’s hier. Daar’s baie wat ek jou wil vra.’
‘Ons mors nie tyd met ’n skooldebatte nie,’ onderskep hy my
sin, ‘as die oorlog verby is, kan mense weer vrae vra.’
‘Nou wat kom maak jy hier?’
‘Waarom dink jy doen ’n militaris enigiets?’
‘Ek het nie geld nie, ook nie wapens nie.’
‘Ek het jou ’n storie kom vertel?’
‘Vir my?’
‘Ja vir jou. Die storie van die leeu en die spieël.’
Hy vertel.
‘’n Leeu slag mos eers sy prooi af, drink sy bloed en vreet dan
sy hart op. Dan los hy die res vir die aasvoëls. Daar is niks wat jy teen die
krag van die leeu kan doen nie. Geen dier kan hom teenstaan nie, en geen mens
kan van hom weghol nie. Slegs ’n mag wat ewe wreed, bloeddorstig en magtig is,
kan ’n leeu verslaan.’
Hy rol ’n sigaret, en staar in afwagting op my vraag verbaas
na die suiderkruis wat handhoogte bo die horison hang.
‘Wat is sterk genoeg om ’n leeu te verslaan?’ (Teen hierdie
tyd besef ek al goed dat hy nie Afrika toe gekom het om my ’n les oor ons diere
te gee nie.)
‘Het jy ’n spieël hier.’
Ek kom terug met ’n handspieël. ‘Kyk daarin,’ beveel hy my.
Ek kyk. ‘Wat bedoel jy? Jy wil tog nie hę ek moet ’n leeu…?’
Hy skud sy kop. ‘Jy sien jou eie beeld; dis net ’n figuur soos
daardie wat jou kan verslaan.’
Ek maak asof ek verstaan.
‘Eendag was daar ’n seuntjie,’ sę hy asof hy van homself kon
praat — of dalk ek. ‘Die mense van die dorp laat hom hoog in ’n boom klim en
onder die boom los hulle ’n vasgemaakte kalf. Die seuntjie moes sien wat die
leeu met die kalf doen. Laat in die nag kom die leeu, slag die kalf af, drink
sy bloed, vreet sy hart uit en los die res wanneer die aasvoëls al begin
sirkel.’
‘Die outjie gaan toe terug na die dorp toe en vertel wat hy
gesien het. Die oudste grysaard dink ’n bietjie en sę vir hom: “Gee hom die
dood van ’n bulvegter,” en hy oorhandig aan die seun ’n spieël, ’n paar spykers
en ’n kalf.’
‘Die seuntjie verstaan nie. Hy wonder ’n lang tyd. Dan kom
sy pa met hom praat. Hy glimlag as hy na sy pa luister.’
‘Die volgende dag, nadat die middag se goud alreeds verdwyn
het en die grys oor die boomtoppe hang, loop die seuntjie uit die dorp met die
kalf oor sy skouers. Aan die voet van
die ceibaboom maak hy die kalf dood en haal sy hart uit. Hy breek die spieël in
klein stukkies, steek hulle in die kalf se hart, en sit die spykers daarbinne.
Dan plaas hy die hart terug en laat die kalf met stokke regop staan asof dit
lewendig is. Die seun dink aan die ou man se woorde: dieselfde dood as waardeur
die bulvegter sterf.’
‘In die nag daag die leeu op. Hy kom nader en met een sprong
val hy die kalf aan, slag hom af en ruk sy hart uit. Toe hy die hart lek, raak
die leeu agterdogtig, want die bloed was droog, maar die stukkies glas van die
speiël sny sy tong en laat dit bloei. So dink hy dat die bloed in sy mond van
die kalf af kom en, opgewonde, kou hy die hele hart op. Die spykers laat sy
mond nog meeer bloei, maar die leeu hou aan dink dat die bloed in sy mond van
die kalf af kom. Hy kou en kou en verwond homself al hoe meer, en hoe meer hy
kou hoe meer bloei hy.’
‘So hou die leeu aan totdat hy doodbloei.’
‘Die seuntjie kom terug in die dorpie met die leeu se pote
en wys dit vir die oudste in die dorpie.’
‘Hulle glimlag vir hom en sę: “Dis nie die pote nie, maar
die spieël wat jy as ’n oorwinningstrofee moet hou.”’ Sy laaste woorde is
skaars koud of hy verdwyn in die skaduwees.
Iewer lui ’n klokkie by my as ek onthou dat die president van Meksiko se naam Ernesto Zedilla Ponce de Leon is.
Ek het pas van die aandete teruggekom en agter my lessenaar
ingeskuif. Aan tafel het die kinders aandagtig na Marcos se storie van die leeu
en die spieël geluister. Skielik het ’n idee by my opgevlam. ‘Ek gaan vir
Marcos opsoek!’
‘Waarom’ vra hulle verbaas, vermoedend dat dit maar een van
my ydele gedagtevlugte is waarop hulle soms getrakteer word.
‘Omdat hy my alter ego
is. As ék in Meksiko en hy in Suid-Afrika gewoon het, was hy dalk ek en ék dalk
hy.’
‘Wat?’ wil hulle weet.
‘Wel, ek wil gaan kyk of hy ’n fake is of nie. Ek wil regtig
weet of hy die laaste Marxis is. Of hy al die ontberinge van die oerwoud —
wildevarke skiet, afslag en eet ens. — verduur omdat hy in ’n groot en
belangrike saak glo. Omdat hy werklik in sy siel getref is deur die lot van die
armes. Omdat hy werklik een van hulle gebly het terwyl al sy, en my, linkse
tydgenote nou welhabende entrepreneurs, globetrotting komper-wizzers is. Reik
hy nog steeds uit na die onbereikbare droom van waarheid en respek, nes die Man
van La Mancha.’
‘Wow! Wat ’n speech!’ sę almal tegelyk, maar lyk bekommerd.
Hulle sien dit op tv — hoe mense in geweervuur die eindes van die aarde betree.
‘Is jy nie bang hulle gaan jou doodskiet nie.’
‘Nee, glad nie,’ sę ek terwyl ek deur my tande lieg. ‘Daar’s
’n wapenstilstand, en dit neem net drie ure om deur die kordon van die Federale
Magte te kom — hulle lees glo elke letter op jou reisdokument een duisend maal
oor — en dan is jy in die bevryde oerwoud.’
‘En as hulle wil weet wat jy daar binne gaan maak?’ vra hulle.
‘Dan sę ek: Ek’s ’n bioloog wat na ’n boom kom kyk.’
‘En as jy by die Indiane kom?’ wil hulle weet.
‘Dan sę ek: Vat my na jul leier!’ O voet, dink ek, ek gaan
nie Altavista se vertalingsgeriewe in die bos hę nie. Die beste wat ek met my
huidige kennis kan doen, is om te sę: Portame
apud el comandante Marcos, por favor! Ek skud van die lag vir hierdie
brousel terwyl ek byvoeg: ‘Hoop ek ken genoeg Spaans—of Indiaans— teen daardie
tyd.’
Hul blikke sę ek moet stapelgek wees.
Vandag, die 17e September, het ek alreeds bedenkinge oor my
onbesonne besluit. Kan ek nie maar ’n e-pos korrespondensie met Marcos aan die
gang sit nie? Het ek regtig nodig om fisies daar te wees? As ek my weer kom
kry, is ek kniediep in ’n oorpeinsing (met teologiese ondertone).
Een gedagte lei tot ’n ander: Die mens se grootste
beperkinge is tyd en ruimte. Ons geloof in ’n Opperwese wat ewig en
alomteenwoordig is, versinnebeeld ons eie versugting om hierdie laaste
beperkinge op te hef. Dalk slaag ons nooit heeltemal daarin nie, maar elke keer
as ons ’n nuwe kommunikasiemedium — soos skrif, die drukpers, televisie of die
internet — uitvind, stoot ons daardie grense ’n ent terug; slaag ons daarin om
deur meer ruimtes en tye as voorheen te beweeg. In konvensionele terme: ons
geestelike ruimte raak al hoe meer en daarmee saam raak ons liggaamlike
beperking al minder. Gaandeweg raak ons meer siel en minder liggaam. Of ons
almal by Teilhard de Chardin se Omegapunt gaan kom, waar ons heeltemal siel is,
sal ons nog moet sien.
Ek het ’n swaer wat jare gelede die wonder van die
kuberwęreld (‘Cyberia’) ontdek het, en eendag sy groot vraag op my gepop het: Waarom het ’n siel ’n liggaam nodig? Ek
het nie sy vraag gesnap nie, en in my dom voortvarendheid ’n lesing oor die
nadelige gees-liggaam gespletenheid van Plato en die Griekse filosowe
aangebied. Maar nou wonder ek of dit regtig nodig is om Meksiko toe te gaan.
Waarom kan ek nie soos ’n ontliggaamde siel die internet surf nie. Dit sal baie
goedkoper wees. ’n Mens sal nie die gevaar loop om geskiet te word nie.
Malaria, geelsug en die diarree wat almal kry, sal jou gespaar bly. Al waarvoor
’n reisiger ’n liggaam benodig, is om vingers te hę wat toetse op ’n
sleutelbord druk, ’n liggaam waarvan die beperkinge deur ’n siel getransendeer
word wat uitreik na die ewige en die alomteenwoordige.
En moenie vir my sę dis tweedehands nie. Is die
intellektuele reis nie belangriker as die fisiese nie? In meeste lande op ons
ronde dorpie kyk jy in elk geval in teerstrate, elektriese drade, grys
fabrieke, KFC, BP, Toyota en Coke-advertensies vas. ’n Reisiger is eerder
iemand wat dapper—pens en pootjies, huidjie en muidjie—na die nuwe onderweg is;
iemand wat oop is vir geheel andersheid. Dit verg ’n bereidheid om onbekende en
onopgeloste vrae in die gesig te staar—’n gevaarlike ding om te doen. Enigiets
kan enige oomblik gebeur. ’n Kiem of gedagte kan jou byvoorbeeld tref wat jou
hele lewe in ’n nuwe rigting laat swenk. Ná die tyd lyk jy dalk nog dieselfde,
maar diep binne is alles in beroering.
Voorheen het reisigers soos Marco Polo hul goed vir verre
lande gepak. Tot onlangs is reisverhale nog uit nuuskierigheid oor die
eksotiese gelees. Maar soos James Joyce in sy Ulysses gewys het, hoef ons egter
net ’n reis tot oorkant die straat te onderneem om ongekarteerde terrein te
vind. Die ‘eksotiese’ wat in reisverhale opgedis word, is in die meeste gevalle
bloot museumstukke of toeristefoefies. Chinese opera, het hulle ons Beijing
vertel, word nog net vir die toeriste opgevoer. En in New Orleans is ‘Cajun
Cooking’ in die sewentigerjare uitgevind om toeriste te lok. Nee, die werklike
reisiger vandag volg die breuklyne van sy menslike bestaan.
Waarom het die siel ’n liggaam nodig? Binnekort sal
operateurs hier op aarde met afstandbeheerde robotte weerstasies, myne en tuine
op Mars bou. Danksy virtuele werklikheid sal die virtuele toeris homself af en
toe ’n knypie moet gee om seker te maak dat hy nie op Mars is nie. Wie wil
buitendien daar wees as jy hier — sonder dat jou oë uitpop en jou bloed begin kook
— alles net so goed of nog beter kan sien? Nee, die hele idee van reis het
totaal verander sedert ek en my beste vriend in standerd 8 afgesit het na die
Kaapse hawe om skepe te gaan soek waarin ons kon wegkruip om die węreld te
sien.