Paasgedig van Ephrem die Sirier

(vertaal uit oorspronklike deur Dr. Alfred Friedl)

 

Oor die Opstanding IV

 

Nisan verbreek

die koue van die winter,

die bittere angel.

'n Simbool van die liefde

is Nisan, wat met sy warmte

oorwin oor die ysige koue.

Kyk hoe die voete dans

wat deur die winter geketting was.

Kyk hoe die hande vrykom

wat deur niksdoen gebind was.

Kyk hoe die ywer uittrek

om die aarde te tooi.

Laat die siel dit sien en hom beywer

om in plaas van die aarde, homself te tooi.

...

Geluksalige Nisan,

wat beide vreugdevolle Paasfeeste

gesien het: dié van Moses

en dié van ons Heer.